Die Limpopo provinsie -ook bekend as die provinsie van ‘vrede’ is waar die Plaas Berlin geleë is, en dit is van hier, waar die jagplaas bedryf word. Berlin plaas is een van die oudste jagplase in die distrik en geleë tussen Swartwater en Alldays, en nie te ver vanaf die Botswana grens (Limpopo rivier) nie. Verskeie spesies word te jag aangebied, onder andere Rooibokke, Koedoes, Elande, Gemsbokke, Bosbokke, Nyala, Rooi hartbeeste, om net ‘n paar te noem. 5 Jagters kan met gemak in die jagveld geakkommodeer word. Die jagkamp kan 14 persone huisves. Indien u lus is vir 'n Bosveldwegbreek of familienaweek - kontak ons gerus. Ons het ook verskillende teelprojekte vir skaarswild op Berlin - Buffels, Swartwitpense, Goue Wildebeeste, Koningswildebeeste, Swart Rooibokke , Wit Blesbokke, "Livingston" Elande asook Nyalas. Besoek gerus die res van hierdie webwerf vir nog inligting.